Ons ambassadeur:

“Wat ’n voorreg om die ambassadeur te wees van die tydskrifklub van so ’n ongelooflike tydskrif, vanjaar 21 jaar oud. Word meer as ’n leser, word ’n Finesse-vriendin! Met alles en nog meer wat jy van Finesse verwag: gratis tydskrifte en boeke, afslagkoepons, ’n maandelikse nuusbrief... en ’n belofte om jou lewe meer spesiaal te maak.”

Liesel Krause-Wiid  

Kry jaarliks duisende rande se waarde:

GEDRUKTE UITGAWE

Wanneer jy lid word van die tydskrifklub, kry jy jaarliks 8 gedrukte uitgawes van Finesse, wat per pos of per hand by jou afgelewer word.

EKSTRA VIR JOU VRIENDIN

Wat is lekkerder as om jou inspirasie met vriendinne te deel? Dis hoekom ons ook 8 ekstra gedrukte uitgawes van Finesse vir jou as klublid gee om ’n vriendin mee te bederf.

GRATIS E-BOEKE

Jy kry ook elke maand een van Carpe Diem Media se e-boeke gratis, wat per e-pos aan jou gestuur word.

VOELGOEDBOEKE AFSLAGBEWYSE

Boekliefhebbers kry 40% afslag op Carpe Diem Media se gedrukte boeke as jy aanlyn by Voelgoedboeke koop.

AFSLAG BY FUNKSIES

As klublid kry jy groot besparings op kaartjies vir funksies, werkswinkels, konferensies en so meer. Gebruik jou lidmaatskapnommer wanneer jy betaal en bespaar 30% op die kaartjieprys.

+

LEGACY PROTECTION PLAN

Terwyl jy hierdie opwindende voordele geniet, kan jy die gemoedsrus hê dat daar vir ander aspekte van jou lewe ook voorsiening gemaak is, soos simpatieke en kommervrye boedelbereddering.  

“Niemand hou daarvan om aan die dood te dink of daarvoor te beplan nie. Gewoonlik staan vroue ook nie aan die stuur van die finansies in die huis nie en dan is hulle heeltemal verlore as hulle man nie meer daar is nie,” sê Wouter Snyman van attooh!  

In samewerking met attooh! en Capital Legacy maak ons seker daar word aan jou wense en vereistes voldoen deur die opstel (of wysiging) van ’n testament. Dit sluit in ’n komplimentêre konsultasie, in die gerief van jou eie huis of besigheid, om jou teen uitermate hoë regskoste te beskerm. Tydens hierdie konsultasie sal aan jou verduidelik word hoe jy as klublid reeds tot 25% spaar aan eksekuteurs-, testamentêre trust- en prokureurskoste.

+

VERWELKOMINGS- GESKENK

Om te wys hoeveel ons jou as ’n vriendin waardeer, gee ons tydens die konsultasie ook vir jou ’n verwelkomingsgeskenk, ter waarde van R450.  

Die opvallende vriendinne-sak is net die sak vir die winkels, strand en alledaagse gebruik. Dit kan klein opgevou word, wat dit maklik maak om rond te dra en te bêre. Dit het ’n oop hoofkompartement en is omgewingsvriendelik.  

Vertrou God is Finesse se eie dagstukkieboek en joernaal. Vroue soos Gretha Wiid, Lynette Beer en Liesel Krause-Wiid se dagstukkies sal vir jou hoop en vrede gee op moeilike dae én al die dae tussenin.  

Met die komplimente van Placécol kry jy ’n R80- geskenkbewys vir gratis wenkbrouvorming by een van hulle salonne landswyd.

Sluit nou aan