WEN handgemaakte skoene van Baruch

Tien gelukkige lesers staan die kans om ’n paar uitsoekskoene van Baruch te wen. Die waarde van hierdie prys beloop R10 000. 

Die eienaar van Baruch se idee vir haar onderneming het begin toe sy ’n gaping in die mark gesien het vir ’n vroulike skoen met baie styl en hope andersheid. Die naam Baruch beteken “om geseënd te wees”, en ’n paar skoene uit Michelle se werkswinkel voel beslis soos ’n seëning aan jou voete.  

Hierdie besondere bedryf is al ’n halwe dekade in wording en groei by die dag in gewildheid, want nuus oor iets wat mooi, oorspronklik én gemaklik is, versprei mos soos ’n veldbrand. Om by te dra tot die uniekheid van haar besigheidstrategie kom elke paar skoene met ’n Bybelvers.  

Buiten dat Baruch se produkte lieflik is om na te kyk, dra hulle ook lekker. Soos Michelle sê: “Elke skoentjie is handgemaak van voor tot agter,” met egte leer binnesoolvoerings, glyvaste buitesole en duursame materiaal.  

Die Ivy-reeks is beskikbaar in grys en rooi, blou en grys, swart en grys, en turkoois en grys. Met so ’n wye verskeidenheid kleure en die interessante patrone gaan ’n mens nie lank soek na ’n gunsteling nie. Die breë lint vou in ’n prettige sjiek strik bo-op die voet en verseker dat die skoen gemaklik pas.  

As jy van ’n klassieke styl hou, is die Blue Bell-reeks jóú skoen. Hierdie pragtige reeks kom in ’n ryk haselneut- en diep maroenkleur. Asof die kleure en tydlose ontwerp nie aanloklik genoeg is nie, maak jy hierdie skoen met ’n fluweellint vas vir ekstra grasie en finesse.  

Die Bella-reeks is sonder twyfel vir die vrou wat van iets anders hou. ’n Blompatroon word onverwags met leer afgewissel om ’n treffende modestelling te maak. Die Bellas word gemaak van sagte pastelmateriaal met goue egteleerinsetsels en fraiings op die voet.  

Die skoene uit die Ivy-, Blue Bell- en Bella- reeks is beskikbaar in groottes 4 tot 8.

Kompetisie is nou gesluit. Die wenners is: Madre Buitendag, Zuleika Du Toit , Lariska Verster, Anel Marais, Cecilia Lategan, Maritha Marx , Elaine Marais, Elmarie van den Berg, Elsie Geel en Erna van Schoor. Baie geluk!  

KOMPETISIEREËLS:  

1. Kompetisie sluit 10 September 2018. 2. Wenners sal deur ’n trekproses gekies word. 3. Wenners sal per foon of per e-pos in kennis gestel word. 4. Die beoordelaars se besluit is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. 5. Die prys kan nie verruil word nie 6. Personeellede van Caxton, Carpe Diem Media, hulle besigheidsverwante en advertensiemaatskappye en hulle direkte families sal nie vir die prys oorweeg word nie. 7. Deur deel te neem aan die kompetisie stem jy in om in die toekoms korrespondensie van voelgoed.co.za, voelgoedwinkel.co.za en voelgoedboeke.co.za te ontvang.